You are currently viewing #JouMenseMyMense – Liefde en Lig, ‘n Helder Vooruitsig

#JouMenseMyMense – Liefde en Lig, ‘n Helder Vooruitsig

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense – Liefde en Lig, ‘n Helder Vooruitsig vir Hendrikus Hitge

Hendrikus en Melisa Hitge het by Prinshof-skool vir sig-gestremde en swaksiende kinders ontmoet. Vandag is hulle die trotse ouers van 2-jarige seun, Luan. Hendrikus kan naby sien, maar is baie swaksiende en Melisa is gediagnoseer met Retinitis Pigmentosa wat veroorsaak dat haar sig al hoe meer verswak. Melisa werk tans as ‘n voedseltegnoloog, maar haar werk is in gedrang soos haar sig verswak. inspirerend Hendrikus werk in die bediening en werk op ‘n rekenaar. Hulle goeie vriend, Petrus van Wyngaard het ‘n versoek gestuur om Hendrikus en Melisa te help. Hy sê hulle storie is so inspirerend. Hulle grootste wens op hierdie stadium is om toegerus te word met ‘n toestel genaamd ‘n Orbit Reader 20 Plus, wat veral Hendrikus in staat stel om sy werk makliker te verrig. Hendrikus, wat amper 2m-lank is, sukkel om gedurig vooroor te lê om te sien wat op die skerm staan. Die Orbit Reader stel Hendrikus in staat om sy werk in braille te verrig en met die braille-kursus waarmee hy tans besig is. Hy word tans betaal vir die werk wat hy doen, dus sal effektiewer werk, tot ‘n groter inkomste lei. Hendrikus se sig is dalk swak, maar sy vooruitsig groot. Sy plan is om braille-spyskaarte vir restaurante te ontwikkel. Met ‘n Orbit Reader 20 Plus kan hy ‘n groot verskil maak. Hendrikus, en ‘n familievriend, Lize, het by GROOTfm 90.5 kom kuier… #gaanGROOT #GROOTverskil #Omgee #care #givingback #jouGROOTstefm

Luister HIER na die spesiale oomblik:

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

 

Deel hierdie artikel

Leave a Reply