#JouMenseMyMense saam met SPAR – Brandon kan weer beweeg
Careson Angel, ‘n liefdadigheidsorganisasie, het vir ons ‘n epos gestuur na aanleiding van ‘n hulpkreet van Mamma Rina, namens haar seun Brandon. Brandon het op 15 sy stuitjie gebreek toe hy van ‘n stel trappe afgeval het. Hierdie besering het gelei tot kroniese pyn, dat sy bene misvormd ontwikkel het as gevolg oor-kompensasie, en hy sal ook spontaan sy balans verloor en val. Hy is nou 33 jaar oud, ‘n man vir ‘n pragtige vrou en die pappa van ‘n besonderse mooi seuntjie, Liam. As man en pappa, kan hy nie tans fisiese werk doen nie, al is hy bereid. Dit beteken dat hy nie ‘n inkomste kan verdien om sy gesin na sy wense te ondersteun nie. Brandon kry ‘n skamele inkomste van SASSA, en word ondersteun deur sy ma, Rina, en skenkings met behulp van Careson Angel.
Brandon voel op hierdie stadium soos ‘n mislukking, ten spyte van die oorvloed liefde wat hy vir sy gesin gee – al wat hy op hierdie stadium kan bied. Brandon, ons verklaar dat julle omstandighede binnekort radikaal sal verander. Dat jy die vrugte sal pluk van jou sterk wilskrag en geloof, en positiewe ‘can do’-gesindheid! Al sit jy, sal Liam, jou kosbare seuntjie, na jou toe opkyk, juis oor hierdie.
Mag jou blink, splinternuwe rolstoel net die begin wees van ‘n voorentoe-beweging na positiewe verandering. En mag jy nooit die rol van jou rol as pa, man en seun onderskat nie. Jy is betekenis- en waardevol geskape en gebore. Leef nie net hierdie waarde en betekenis nie, BEleef dit!
Ma Rina het geruk soos sy huil toe ons daar wegry. Sy verdien ook ‘n bederf oor dit wat alles ook op haar skouers hang. Ma Rina, ons eer jou ook vandag vir die liefde wat jy teenoor jou kinders bewys – ten koste van jouself.
Baie dankie aan SPAR vir die geskenkbewys en stukkie asemhaal. Die luisteraar-skenking van doeke, gordyne en baba-klere, en aan Wheelchairs on the Run vir Brandon se rolstoel. ‘n Spesiale dankie ook aan Careson Angel, Carlene en Werner, wat so mooi na soveel mense omsien.
Fotos: Jislaaik-JA! Photography
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Luister weer HIER: