You are currently viewing #JouMenseMyMense – Seun verloor sig

#JouMenseMyMense – Seun verloor sig

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense – Seun verloor sig

Marnis Uys is 14 jaar oud. Marnis was in Pierneef Laerskool. Ons en die skool was van die begin af bewus dat Marnis akademiese uitdagings het. Hy het van die begin af ekstra hard gewerk en meer as sy deel gedoen. In 2022 begin Marnis sy hoërskoolloopbaan aan Hoërskool Wonderboom. Marnis het hoërskool met positiewe ywer begin. Hy het hard gewerk, maar die akademiese uitdagings van die hoofstroom-kurikulum, was te veel. Begin 2023 skuif ons Marnis na Magalies Spesiale Skool. Marnis floreer onder die kleiner klasse en spesiale aandag wat hierdie skool aan hom bied. Hy werk hard en vaar akademies uitstekend, ons as ouers het vroeg besef dat Marnis ‘n kunstalent besit. Hierdie skool bied dan ook die geleentheid om hierdie talent en liefde verder te onwikkel. Op agtjarige ouderdom kry Marnis sy eerste bril. Sy visie het egter elke jaar verswak. 2023 verwys 1-Militêre Hospitaal vir Marnis na ‘n oogspesialis. Na verskeie toetse word hy met Retinitis Pigmetosa (RP) gediagnorseer. Hierdie is as gevolg van ‘n oorerflike geen. Marnis se oupa het RP gehad en op die ouderdom van 30 was hy blind. Ons het intussen by die RP Stigting van Suid-Afrika aangesluit.Die diagnose lê soos ‘n swaard oor Marnis en die gesin se kop, omdat hulle nie weet of Marnis die geen wat tot blindheid lei, het nie. Die volgende stap is om te bepaal watter graad van RP Marnis het. Hierdie toetse se koste beloop ongeveer R10 000. Indien hulle weet watter graad van RP teenwoordig is, kan die familie effektief vir die toekoms beplan en voorberei.

Om aan te teken by ons YouTube kanaal, klik hier:    / @grootfmtv  

Luister HIER na die spesiale oomblik:

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

 

Deel hierdie artikel