#JouMenseMyMense – Michelle & Anthony se Wonderbaba, 18 September 2024
Michelle Bezeuidenhout-Wilkinson en haar man, Anthony, het onlangs ‘n baie groot wonderwerk eerstehands beleef. Volgens alle mediese aanduidings – sonars en ultraklankskanderings – was hulle pasgebore seun, Matthew, veronderstel om leweloos gebore te word. Michelle het gesê haar hospitaallêer het aangedui sy sou ‘n stilgeboorte gee. Matthew, hulle seun, sou op 15 September sy opwagting in die wêreld maak, en, nadat Michelle nie sy lyfie voel beweeg het vir twee dae nie, het hulle besluit om op 25 Augustus by Steve Biko Hospitaal aan te meld. By die hospitaal het ‘n verpleegster in die saal ‘n ultraklankskandering en ‘n sonar gedoen. Twee dokters is na die saal ontbied, nog sonars is gedoen en geen hartklop is gevind nie. Toe kom die nuus…hulle moet ‘n induksie doen om hierdie lyfie uit Michelle se liggaam te dwing. Die Sondagaand om middernag is die medikasie aan Michelle gegee, en, nadat Michelle haar kind skielik voel skop het, het sy die dokter gevra of daar ‘n moontlikheid is dat haar kind kan lewe. die dokter het gesê, “nee”. Nog vyf induksies het gevolg en tydens die laaste een, het Michelle aan die slaap geraak. Toe voel sy iets kliek. Pappa Anthony het gevra of Michelle hulle babatjie wou sien, maar, Michelle kon nie kyk nie. Haar hart was gebreek. Matthew is op die tafel langs haar neergesit, en terwyl mediese personeel aan hom aandag gee, sien sy hoe sy voetjie beweeg, en hoe sy gelaatskleur van blou na pienk verander. En, hy begin huil! Sy vertel hoe almal in die saal gesing en gejubel het! Michelle, Anthony en Matthew het by GROOTfm 90.5 kom kuier…
Volledige artikel: https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/god-se-werk-na-baba-leef-wyl-sonar-wys-hy-is-dood/
Luister HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel