You are currently viewing #JouMenseMyMense saam met SPAR – Ena Berger

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Ena Berger

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Ena Berger

Op die 24ste Junie 2021 was dit 10 jaar nadat Ena Burger deur haar verloofde geskiet is. Nege van die 14 skote het haar getref. Sy was in ‘n koma vir nege dae, en na 27 operasies lewe sy vandag weer ‘n ‘normale lewe’. Sy doen soveel vir ander mense en sy het ‘n besonderse getuienis om te deel.

Ena het haar werk onlangs verloor as gevolg van die pandemie. Een van haar tande het ook gebreek wat hulle destyds opgebou het. Sy het pyn en kan nie behoorlik eet nie. Nadat sy vir ‘n konsultasie by ‘n tandarts was het ons besef die tand kan glad nie gered word nie en die tand langsaan gaan binnekort ook breek. Sy moet twee krone kry. 

Ena het by haar ma in Benoni in ‘n tehuis gewoon, maar sy kan as gevolg van Covid 19 nie meer daar woon nie. Sy bly tans by haar vriendin wat vir haar sorg. Sy deel haar getuienisse oralom, maar as gevolg van Covid-beperkings kan sy nie meer optree by funksies, kerke ens nie. Sy het ‘n boek geskryf oor haar skietery, ‘I survived nine bullets’, wat sy ook verkoop vir inkomste. Op die stadium kan sy nie ekstra boeke druk om dit te verkoop nie, ook nie by onderhoude uitkom om haar boek te bemark nie, as gevolg van finansies vir brandstof. Haar grootste behoefte is om weer ‘n werk te kry om haar en haar seun te onderhou en haar weer in staat te stel om mense te inspireer met haar storie.

Ena het by Die GROOT Trek kom kuier, en We Buy Cars het haar verras met die fondse vir haar twee krone. GROOTfm 90.5 kon ook vir haar Seën met ‘n SPAR-geskenkbewys, sowel as R5 000 brandstofgeld.

Liewe Ena, mag jy bemagtig bly om ander te bly inspireer met jou storie. Ons glo jou trauma was nie tevergeefs nie, en dat jy ‘n lewende bewys is dat wonderwerke nog gebeur.

Dankie aan SPAR en We Buy Cars, ook aan ‘n GEEmeenskap vir elke bydrae waarmee ons verskilmaak kan fasiliteer.

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

Luister weer HIER:

Deel hierdie artikel

Leave a Reply