You are currently viewing #JouMenseMyMense saam met SPAR – Jesus se stapsoldaatjie, Avorey

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Jesus se stapsoldaatjie, Avorey

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Jesus se stapsoldaatjie, Avorey

Mamma Mariska het vir ons ‘n epos gestuur wat lees: ‘Ek tik die epos omdat ek nooit geloof en hoop in my Hemelse God en Vader sal verloor nie, al word ‘n moederhart soms moedeloos. Avorey is verlede jaar op 9 Maart gebore met ‘n regter klompvoetjie. (Engels: ‘Club’ voetjie) Sy het behandeling en ‘n operasie ondergaan by ‘n staatshospitaal waar sy in die teater as gevolg van die ‘n negatiewe reaksie met die narkose tweemaal ophou asem haal het. My baba dogtertjie is al deur soveel pyn en trauma en huil as sy ‘n Dokter sien… 

My hart breek in stukke, want ek is ‘n mamma van vyf pragtige dogtertjies, maar is ook werkloos en sukkel om kop bo water te hou. Soos enige ander mamma het ek aanhou soek om die beste hulp vir haar te kry. Ek stres en bekommer, want ek kan skaars ‘n behoorlike bord kos op die tafel sit, maar ek is bitter bang om haar terug na ‘n staatshospitaal toe te vat.’

Wanneer mens dié hulpkreet hoor, is dit nie moeilik om die omvang van hierdie mamma en pappa se liefde teenoor hul prinses te besef nie. Ten koste van hulleself, sal hulle enigiets doen om behoorlike en deeglike sorg vir Avorey te kry, want sy ‘sal eendag die Here se goedheid en waarheid op voet verkondig’, soos mamma Mariska sê. Sy is so lief daarvoor om ‘stapsoldaatjie te sing’, en gaan binnekort ook een wees!

Mariska en Pa Wynand, het ‘n skarefonds gestig en genereer tans ‘n inkomste deur SASSA-toelaag, en lukrake nutswerke. Wynand is ‘n gekwalifiseerde huisbak-tegnikus wat sy werk tydens die inperking verloor het. Hulle probeer so proaktief moontlik wees, maar bly nie voor met die mediese onkostes nie. Avorey moet twee-weekliks gips kry om die vorming en groei van haar voetjie te verbeter, wat per behandeling meer as R2 000 kos. Sy het nog net drie oor. Daarna volg ‘n operasie wat meer as R90 000 gaan kos. Haar grootste begeerte is dat sy soos haar sussies ook kan hardloop en speel. Ook geen struikelblokke hoef te hê nie.

Liewe Mariska, Wynand, Micheila, Abigail, Milarka, Melissa en Avorey (wat ‘toevallig’ die woord, MAMMA, spel)…Baie dankie dat julle met groot waagmoed julleself kwesbaar gemaak het. Daar is soveel ‘victory in vulnerability’. Dankie aan ons Hemelse Vader en Koning wat die afsprake maak, en ons die fasiliteerders. Wat ‘n GROOT voorreg om verskilmaak-vennote soos Everest Wealth Management te hê – wat Avorey se operasie ten volle gaan betaal. Dankie aan ‘n GEEmeenskap wat GROOTfm 90.5 in staat stel om ‘n verdere bydrae te lewer ten bate van Avorey se behandeling en agterstallige hospital-rekening. En, ‘n GROOT dankie aan SPAR, ons grootste vennoot van verskilmaak.  

Fotos: Jislaai-JA! Photography

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

Luister weer HIER:

Deel hierdie artikel

Leave a Reply