You are currently viewing #JouMenseMyMense saam met SPAR – Met soveel seer, kies Lerato nogtans om te inspireer

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Met soveel seer, kies Lerato nogtans om te inspireer

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Met soveel seer, kies Lerato nogtans om te inspireer

By Lerato Mawela kan ons almal leer…Sy is ‘n lewende en sprekende voorbeeld van die skrifgedeelte in Romeine 8:37 tot 39 – ‘Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet.

Zelda Jonker het ‘n epos gestuur met die volgende versoek: “Ons tandarts assistent, Lerato Mawela, het haar enigste seun, Lwazi aan die dood afgestaan op die 2de Desember 2021. Hy was ‘n eerstejaar-musiekstudent in Pretoria met ‘n gemiddeld van 82%.  Die laaste dag van sy studiejaar, toe hy van die taxi afklim is hy in ‘n polisie-jaagtog op die sypaadjie raakgery. Hy is oorlede. Dit was ‘n groot skok vir Lerato en ons almal.  Die begrafnis was R50 000 en sy het net R28 000 gehad.  Ons was in staat om vir haar met R22 000 te kon help om haar seun te begrawe.’

Lerato het met ons gedeel hoe sy hom drie keer moes ‘uitken’…En elke keer, so leweloos soos die vorige keer.

Op Maandag, 17 Januarie 2022, toe sy die middag by die huis kom het inbrekers haar hele huisie se goed gesteel – behalwe haar werk- en kerk-uniforms. Ook haar bed en die muureenheid waarvan hulle die glase stukkend gebreek het.

Zelda vertel verder dat Lerato die wonderlikste vrou is wat sy in haar lewe ontmoet het. Die JouMenseMyMense-span kan hiervan getuig!

“Ons werk net met kinders en sy het so ‘n passie vir hulle. Ek kan net dink hoe moeilik dit moes gewees het om ‘n vriendelike gesig op te sit en hulle voor te berei vir die tandarts-besoek terwyl sy met ‘n leemte en groot seer in haar hart sit,” sê Zelda.

Die GROOTfm 90.5 span was dadelik geraak deur Lerato se verhaal. Dat sy met soveel seer, nogtans kies om te inspireer. Ons het aan haar lippe gehang, soos sy ons herinner aan die GROTER prentjie – Sy groter prentjie!

Ons kon haar bederf met ‘n R1 500 SPAR-geskenkbewys. En, alhoewel ons nie dit wat sy verloor het kan vervang nie, kon ons met behulp van ‘n donasie van Ecomed Medical van R20 000, haar toerus met fondse vir dit wat sy wel kan vervang, huishoudelike items vir haar nuwe huis en hoofstuk.

Liewe Lerato, dankie dat jy ons leer en inspireer om nie op ‘n ashoop te gaan sit nie. Dat jy ons herinner daaraan dat daar ‘n lewe is wat moet gelewe word. ‘n Lewe wat ons Vader aan ons gegee het. Hierdie lewe, wat ons verantwoordelikheid en voorreg is.

 Fotos: Psalm & Cedar

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

Luister weer HIER:

Deel hierdie artikel

Leave a Reply