You are currently viewing #JouMenseMyMense – Suurstof vir Zayden

#JouMenseMyMense – Suurstof vir Zayden

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense – Suurstof vir Zayden

Zayden (10 maande oud) is gebore op 29 Desember 2022 met gaatjies in sy hart en ‘n long wat platgeval het. Onmiddellik na sy geboorte is hy opgeneem in die Neonatale ICU – sonder dat Mamma Angie, Pappa Trevor of sussie Izabella hom kon vashou. Zayden was vir 174 dae in die saal, waar hy ook intussen met Down’s Sindroom gediagnoseer is. Hy was op stadiums aan ‘n ventilator gekoppel, en onder sedasie geplaas. Mamma Angie was vreesaanjaend om elke oproep van die hospitaal te neem. Op ‘n stadium het Mamma Angie gebid dat die Here haar lewe moet neem in plaas van Zayden s’n, maar besef toe sy moet bly baklei soos wat Zayden baklei – ook ter wille van haar man en dogter. Soos die dae aangaan, en Zayden bly baklei vir sy lewe, is Zayden ook gediagnoseer met “clubbed feet” en ‘n gesplete verhemelte. Ook later is hy met Moebius sindroom, Autism spectrum disorder, ventricular septal defect en kroniese longsiekte gediagnoseer.

Na ‘n hele maand, kon Angie en Trevor hulle seun vir die eerste keer vashou.

Vanaf 5 to 9 Junie het Angie die week saam met Zayden deurgebring om opleiding te ontvang. Volgens Mamma Angie, een van die beste weke omdat sy by haar seuntjie kon wees. Op die 21ste Junie is hy uiteindelik ontslaan, na nog baie uitdagings en oorwinnings. En, op 31 Augustus moes hy terugkeer hospitaal toe as gevolg van aanvalle / “seizures”. Vir ‘n hele maand lank was dit weer op en af met Zayden se gesondheidstoestand. Op 6 Oktober het hy weer teruggekeer huis toe. Zayden ontvang tans 24-uur suurstof, met Angie wat haar werk en inkomste moes prysgee om na haar baba te kyk. ‘n Opoffering waarvoor sy sonder twyfel kans sien. Hoe dan anders? Intussen probeer sy en haar man fondse genereer om vir Zayden van ‘n draagbare en mobiele suurstofsilinder te voorsien as gevolg van beurtkrag en elektrisiteitsuitdagings. Mamma Angie van Vuuren, het via Zoom by GROOTfm 90.5 ingeskakel…

Om aan te teken by ons YouTube kanaal, klik hier:    / @grootfmtv  

Luister HIER na die spesiale oomblik:

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

 

Deel hierdie artikel

Leave a Reply