You are currently viewing #JouMenseMyMense – Miané Pretorius | ‘n Vliegrit na Tannie Nonnie | 30 Oktober 2024

#JouMenseMyMense – Miané Pretorius | ‘n Vliegrit na Tannie Nonnie | 30 Oktober 2024

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense – Miané Pretorius,  30 Oktober 2024

Miané Pretorius is gebore op 39 vweke, op 7 Junie 2017 as ’n gesonde baba van 2,8 kg. Sy was nooit siek nie, ’n normale kind en haar inentings afsprake en ondersoeke by die pediater het nooit iets abnormaal in haar gesondheid gewys nie. In Januarie 2023 vertoon sy baie geel, bly baie moeg en kry elke middag dieselfde tyd ’n baie hoë koors.

Sy word opgeneem in die Zuid Afrikaans-hospitaal vir antibiotika-behandeling, en om ‘n lewer-biopsie, gastroskopie en kolonoskopie te doen. Al wat die mediese span kon opmerk was dat daar inflammasie is en klein aartjies in haar kolon en lewer is wat vertoon soos “spinnekoppies”. Miané word gediagnoseer met ‘n immuunsiekte wat nie net ongeneesbaar is nie, maar wat ‘n uitwerking op haar lewer het. Hierdie diagnose, waartydens haar lewer stelselmatig verhard, staan bekend as lewersirrose.

Miané se ouers is op ‘n kruispad met die dat die imuunsiekte die lewer affekteer, en die opsie vir ‘n leweroorplanting word gekelder deur die imuunsiekte. Die Pretorius-gesin kan ongelukkig nou net aangaan met die medikasie wat sy tans gebruik, ten einde haar lewenskwaliteit te stabiliseer en vergemaklik. Miané, haar Ma Allison, Pa Johan en Broer Handré het by GROOTfm 90.5 kom kuier.

‘n GROOT DANKIE aan Jenny’s Travel, Caring Daisies en Ecomed Medical wat hierdie droom van Miané help bewaarheid het. Geliefde Miané, geniet jou kuier by Tannie Nonnie!❤️❤️❤️

Luister HIER na die spesiale oomblik:

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

 

Deel hierdie artikel

Leave a Reply