#JouMenseMyMense – MS-Slagoffer kry nuwe hoop
Marielize Welters het vier jaar gelede vreemde simptome begin ervaar. Sy het al hoe meer haar balans begin verloor. In September 2021 het sy vir die eerste keer ‘n akkurate diagnose ontvang. Sy is met veelvuldige sklerose gediagnoseer.
Sy ontvang tans behandeling om die vordering van die siekte te onderdruk, en sien elke ses-maande ‘n spesialis. Sy het haar eie naaldwerk-besigheid gehad om ‘n inkomste te verdien, maar kan dit nie meer doen as gevolg van haar siekte nie.
Haar man is tans die broodwinner, en as elektroniese tegnikus, struikel hulle tans finansieel om kop bo water te hou. Hulle is die ouers van twee kinders, ouderdomme 4 en 8, en Marielize kan tans nie die mamma wees wat sy graag vir hulle wil wees nie, aangesien haar beweeglikheid daagliks ‘n groter uitdaging word. Sy is tans totaal afhanklik van ‘n rolstoel.
Sy, haar man en haar twee seuns het by GROOT fm 90.5 kom kuier. Gerrie Scheepers van Caressa – www.caressa.co.za Ecomed Medical – www.ecomed.co.za
Om aan te teken by ons YouTube kanaal, klik hier: / @grootfmtv
Kyk HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel