You are currently viewing #JouMenseMyMense – Frederick Hall | GROOTfm 90.5 | 8 April 2026

#JouMenseMyMense – Frederick Hall | GROOTfm 90.5 | 8 April 2026

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense – Frederick Hall | 8 April 2026  | GROOTfm 90.5

Frederick Hall (nou vyf jaar oud) is in November 2020 met Achondroplasie/dwerggroei gediagnoseer, vóór sy geboorte in Desember 2020. Sy eerste groot operasie was in November 2021 toe hy 11 maande oud was.

Daar was geen medikasie vir Frederick se siektetoestand toe hy voor sy geboorte gediagnoseer is nie, maar nou, vir die eerste keer in die geskiedenis, is daar twee FDA-geregistreerde middels wat die ‘foutiewe geen’ teiken en dit eenvoudig na normaal “aanskakel”. Frederick se ouers, Chantelle en Freddie het besluit om ’n nie-winsgewende organisasie te stig wat Frederick en ander kinders gediagnoseer met Achondroplasie, so gou as moontlik op behandeling te kry.

Baie mense neem aan dat dwerggroei net oor kleinwees gaan, wat ’n gevaarlike wanpersepsie is, aangesien die toestand gepaardgaan met potensieel terminale komplikasies, veral in die eerste vyf jaar van ’n kind se lewe. Sy ma sê: “We manage Frederick’s perspective by making it very clear that the Lord made him with bones that grow slow.

We have also not informed him of the medicine that can help his condition as we can’t afford to not get it for him or create any false hope. Ultimately our goal is to nurture and protect Frederick’s dignity. Frederick is our most precious blessing. Thank you all for this opportunity – the Lord has been so good to us and it would mean so much to be able to be there for another mother /family.”

Sy ma, Chantelle Hall het by GROOTfm 90.5 kom kuier…

Vir meer inligting en om betrokke te raak, besoek: www.fgfnpo.org.

#gaanGROOT #GROOTverskil #JouMenseMyMense #GemeenskapsFokus #LositBeter #Dankie

Luister HIER na die spesiale oomblik:

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

 

Deel hierdie artikel