#JouMenseMyMense – Dogter help ouma met insameling vir ‘n suurstof masjien
Hailey Lindemann is ‘n besonderse sesjarige wat ‘n groot droom het om eendag haar eie juwelierswinkel te hê. Sy maak juwele, wat sy aan haar maaitjies by die skool verkoop. Verlede jaar Oktober, is haar ouma, Lientjie van Niekerk, met Vlak 4-hartversaking gediagnoseer. Hailey het besluit om die inkomste van haar verkope te gebruik om vir haar ouma ‘n suurstofmasjien te koop.
Hailey, haar Ma Martie Lindemann, en haar ouma het by GROOTfm 90.5 kom kuier.
Om aan te teken by ons YouTube kanaal, klik hier: / @grootfmtv
Kyk HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel