You are currently viewing #JouMenseMyMense – Stamselbehandeling vir boetie en sussie

#JouMenseMyMense – Stamselbehandeling vir boetie en sussie

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense –  Stamselbehandeling vir boetie en sussie.

Amri (8) en Richter (1) lei aan ‘n sindroom / siekte wat nog nie gediagnoseer kon word nie. Albei is gebore met “klomp voetjies” en het hul eerste epileptiese aanval op die ouderdom van 4 maande gehad. Boetie, Richter, het ‘n gemiddeld van 80 aanvalle ‘n dag. Hierdie was ook Amri se realiteit, totdat die familie stamsel-terapie begin het. Haar aanvalle het gedaal van 80 per dag, na 3 per week. Richter lei aan kroniese infeksies en is tans op drie verskillende anti-epileptiese middels. Die mediese fonds sien dit as ‘n homeopatiese en alternatiewe behandeling, en betaal dus nie. Die stamsel-terapie kos R25 000 per sessie, en Amri het veral goeie vordering en resultate na haar sesde sessie getoon. Die fondse wat tans ingesamel word, is vir Richter se behandeling. Daar is tans genoeg fondse vir twee van hierdie sessies. Mamma Vanessa het by GROOTfm 90.5 kom kuier…

Om aan te teken by ons YouTube kanaal, klik hier:    / @grootfmtv  

Kyk HIER na die spesiale oomblik:

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

Deel hierdie artikel

Leave a Reply