#JouMenseMyMense – Model wen vir liefdadigheid
Model en skoonheidskompetisie wenner, Juané van Rooyen is eerste, kind van God, en tans Mini Miss RSA Rolemodel Pre-Teen 2022/2023. Sy is onlangs gekroon as die ROYAL INTERNATIONAL MISS South Africa Rolemodel 2023 by die Sky Models SA Grading en modeskou. Sy het ‘n groot passie vir liefdadigheid, en sê dis nie vir haar ‘n plig nie, maar ‘n vreugde! Sy self ‘n geboortevlek op haar rug, en daarom is sy gefokus daarop om mense aan te moedig om dit wat hulle anders maak te omhels in ‘n sosiale media veldtog met die hutsmerk, #acceptyourdifferences. Sy het ook baie onlangs ‘n nuwe liefdadigheidsveldtog begin, genaamd “Fading Dreams – together we keep dreams alive” waarin sy 10 000 ‘weighted’ teddies wil versprei aan kinders wat aan terminale siektes en angs ly, ten einde hierdie vrese en angs te verlig. Van sieklike kinders, tot kinders wat in uitdagende omstandighede probeer floreer. Die ‘weighted’ teddies is swaar in gewig, en word spesiaal so vervaardig om ‘n drukkie na te boots. Sy en haar ma, Jacqueline, het by GROOTfm 90.5 kom kuier.
Om aan te teken by ons YouTube kanaal, klik hier: / @grootfmtv
Kyk HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel