You are currently viewing #JouMenseMyMense – George Baloyi | GROOTfm 90.5 | 19 November 2025

#JouMenseMyMense – George Baloyi | GROOTfm 90.5 | 19 November 2025

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense – Calvin Olivier | 19 November 2025  | GROOTfm 90.5

Esmeralda Fourie het vir ons ’n epos gestuur oor George Baloyi.

Sy sê George is nie net ’n kollega nie – hy is deel van die Koalet Eiendomme-familie. Hy werk al meer as 20 jaar saam met ons as drywer en spanleier vir die werksmense. George is ’n buitengewoon lojale, eerlike en hardwerkende man, altyd bereid om te help en het nog nooit sy werk versaak nie. ’n Paar jaar gelede is George in ’n rooftog geskiet en dra hy steeds die gevolge daarvan, maar nooit het hy sy glimlag of sy geloof verloor nie. Ongelukkig het George onlangs baie siek geword en is daar by hom diabetes gediagnoseer.

Hierdie toestand het sy sig ernstig aangetas, en hy het nou heeltemal sy sig verloor weens katarakte in albei oë. George was reeds by Steve Biko Hospitaal vir hulp, hy is terugverwys na Garankuwa, maar die toestelle wat vir die operasie benodig word, is ongelukkig buitewerking. George, Esmeralda Fourie en Alet Branders het by GROOTfm 90.5 kom kuier…

#gaanGROOT #GROOTverskil #JouMenseMyMense #GemeenskapsFokus #LositBeter #Dankie

Luister HIER na die spesiale oomblik:

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

 

Deel hierdie artikel

Leave a Reply