You are currently viewing #JouMenseMyMense – Moegessukkel | GROOTfm 90.5 | 23 Julie 2025

#JouMenseMyMense – Moegessukkel | GROOTfm 90.5 | 23 Julie 2025

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense – Moegessukel | 23 Julie 2025  | GROOTfm 90.5

Moegessukkel is ‘n nie-winsgewende organisasie wat daarop gefokus is om deur middel van onbaatsugtige dade individue se waardigheid te help herstel. Hulle bied skuiling, voeding en werksgeleenthede aan duisende individue wat dit broodnodig het.

Moegessukkel help sovêr moontlik ALMAL wat dit nodig het, en doen werk wat gegrond is in Sy waarheid. Hulle wei hulself daaraan om Jesus se hande en voete te wees, en is daagliks besig met Koninkrykswerk.

Die Round Table Collective het GROOTfm 90.5 genader oor ’n nuwe inisiatief wat geloods is rakende die bou van 10 Wendy-huise, as gevolg van verblyf wat by die Moegessukkel-kampus ’n uitdaging raak.

Daar is tans talle individue wat die organisasie wil help met ’n dak bo hul koppe. Moegessukkel het al ’n plan gemaak met vyf karavane waarin mense met geen ander heenkome ’n veilige hawe het om in te woon. Jacques Papenfus, stigter van Moegessukkel het by GROOTfm 90.5 kom kuier…❤️❤️❤️

#gaanGROOT #GROOTverskil #JouMenseMyMense #GemeenskapsFokus #LositBeter #Dankie

Luister HIER na die spesiale oomblik:

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

 

Deel hierdie artikel

Leave a Reply