#JouMenseMyMense – Hulp vir onderwyseres
GROOTfm 90.5 het twee jaar gelede Gwendolyn se man, Robert, gehelp met ‘n oogoperasie. Ecomed Medical het hierdie operasie befonds, en kon hy stadig maar seker weer sy werk as ‘n fotograaf nastreef. Hy begin stuk-stuk weer werk aanvat, na ‘n lywige herstelproses. Ook is sy selfvertroue hierdeur effe geskend. Gwendolyn, sy vrou, moes planmaak in die tyd wat sy die alleenbroodwinner was. En, tot ‘n groot mate nog steeds is. Sy is baie passievol oor kinders, en werk vanaf 2019 vir ‘n kleuterskool in Rietfontein. Sy was aangestel sonder enige kwalifikasies en het ‘n groot en belangrike rol as dagsorg-moeder vertolk. Sy was ook in die jaar deur skool-ouers genomineer as Onderwyser van die jaar (Solidariteit-kompetisie) het as Top 10-finalis geëindig. Gwendolyn het intussen besluit om haarself te bly bemagtig en verryk, ter wille van haar man en kinders, en aangesluit by ‘n Tersiëre instelling, ABA Health, wat gefokus is op remediërende onderwys. Sy het intussen agter geraak met haar betalings, maar sy gaan aan. Die instansie laat haar toe om aan te gaan, totdat sy ‘n plan maak, maar stel nie haar punte en uitslae bekend as haar rekening agterstalllilg is nie. Dit het nie Gwendolyn gestop nie, en weet sy wat sy moet doen om die vooruitgaan en vooruitsig van haar man, Robert, en haar twee kinders (Jason, 8 en Vanessa, 12) te verseker. Gwendolyn het by GROOTfm 90.5 kom kuier.
Om aan te teken by ons YouTube kanaal, klik hier: / @grootfmtv
Luister HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel