You are currently viewing #JouMenseMyMense – Motorongeluk beseer gesin

#JouMenseMyMense – Motorongeluk beseer gesin

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense – Motorongeluk beseer gesin

GROOTfm 90.5 het ‘n versoek van ‘n vriendin en ouer van Kleutermaatjies – geleë in Faerie Glen – ontvang, oor hulle geliefkoosde Juffrou Hanna. Die vriendin sê Hanna is ‘n ongelooflike mensie met soveel liefde en omgee, veral vir haar baba-klas. Op 26 September was Hanna en haar gesin (haar man en seuntjie van 2) in die kar vanaf Witrivier na Dullstroom na ‘n naweek weg.  Hulle het vir hulle seuntjie Nico die arende gaan wys, waarna hulle in ‘n karongeluk op ‘n grondpad was waarna ‘n ander voertuig in hulle vasgery het en hulle voertuig het gerol.

Hanna en haar man Koos het beide beserings opgedoen en moet albei operasies ondergaan. Ongelukkig het hulle nie medies nie. Klein Nico was veilig gehou en het geen beserings opgedoen nie. Hanna se sleutelbeen is morsaf. Ongelukkig met die staatshospitale is daar vir haar gesê sy kan tussen 4 en 8 weke lê en wag vir die operasie. Hoe kan ‘n mamma haar kind vir solank alleen los en nie eens seker wees dit gaan in daai tyd gebeur nie. Hulle probeer nou alternatiewe om te kyk hoe hulle fondse kan insamel om die operasies te doen. Intussen kan Hanna nie voortgaan met haar liefde vir kinders deur skool te gee nie, omrede sy nie die arm kan gebruik nie. Koos is wel terug by die werk en probeer sy beste. Buiten die mediese situasie het hulle ook nie versekering op hulle voertuig nie, so om nou werk toe en terug te gaan is uitdagend maar Koos probeer sy beste. Die ouers van die skool het intussen ‘n BackaBuddy-blad gestig, en die fondse tans lê op ongeveer R7 000. Die Claase-gesin het by GROOTfm 90.5 kom kuier…

Om aan te teken by ons YouTube kanaal, klik hier:    / @grootfmtv  

Luister HIER na die spesiale oomblik:

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

 

Deel hierdie artikel

Leave a Reply