#JouMenseMyMense –Die Zeelie’s, 10 Julie 2024
Kobus en Marinda Zeelie is die trotse ouers van Emily (14) en Gracie (13). Hulle woon in ‘n eenslaapkamerwoonstel in Daspoort, en probeer hulle met ‘n SASSA-inkomste, hulle beste om te oorleef. Kobus en Marinda is tans werkloos, dit na Kobus onlangs ‘n internasionale sertifikaat verwerf het by Microsoft, en is hy ‘n gekwalifiseerde Azure Administrator Associate. Ten spyte van sy kwalifikasie, sukkel Kobus om ‘n werk te kry en doen hy baie moeite om homself te adverteer en oral waar hy kan vir werk aansoek te doen. Hy doen waar moontlik ‘peace jobs’ om brood op die tafel te sit. Nie net beleef die gesin groot onsekerheid met ‘n volhoubare inkomste nie, maar is Emily gediagnoseer met Fase-4 “Spindle Cell Sarcoma”, ‘n tipe beenkanker. Haar dokter het haar huis toe gestuur sodat haar gesin haar gemaklik kan maak, en sodat hulle elke oomblik saam kan koester. Emily het baie gewig verloor, en het nie meer klere wat haar pas nie. Hulle sukkel maandeliks met hulle huur, en kos in die huis. Dit voel nou behoorlik asof hierdie gesin alles verloor het. Kobus en Marinda het by GROOTfm 90.5 kom kuier.
Luister HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel