#JouMenseMyMense – Jannicke Venter | 19 Maart 2025 | GROOTfm 90.5
Jannicke Venter is op 28 weke saam met haar identiese tweelingsuster Jessica op die 25ste November 2021 gebore deur middel van ‘n noodkeiser. By geboorte het Jannicke ‘n bietjie vloeistof op haar brein gehad wat verwyder is, maar dit het reeds skade aan ‘n gedeelte van haar brein gerig wat daartoe gelei het dat sy vandag ‘n serebrale gestremdheid het. Sy is tans 3 jaar oud en kan nog nie self sit, kruip of loop nie. Sy woon twee keer per maand fisioterapie by en sien ook ‘n chiropraktisyn een keer per maand. Charlene kyk tans 24/7 na die tweeling, en haar man, Jaco, werk vir homself. Terwyl hulle maandelikse uitgawes soms tot groot kommer lei met hul medies wat net ‘n sekere persentasie dek, en ‘n inkomste wat soms vol veranderlikes is, samel die gesin tans fondse in vir ‘n broodnodige toestel wat Jannicke gaan help om meer mobiel te wees – ‘n Buggy en Reverse Walker. Jannicke, sussie Jessica, Mamma Charlene en Pappa Jaco het by GROOTfm 90.5 kom kuier…❤️❤️❤️
#gaanGROOT #GROOTverskil #JouMenseMyMense #GemeenskapsFokus #LositBeter #Dankie
Luister HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel
