#JouMenseMyMense – Nakita | 27 Mei 2026 | GROOTfm 90.5
Eleos, wat beteken “genade in aksie”, is ’n liefdadigheidsorganisasie wat al 28 jaar lank opheffingswerk doen in die weste van Pretoria. Doepie en Nina op ONTBYT het ’n storie gedeel van hoop, van volharding, en van mense wat mekaar dra wanneer dit moeilik raak. In studio was Tertia Morgan, een van die stigterslede van Eleos; Elize, Eleos se berader en Nakita, vir wie ons saam met die GROOTfm90.5 luisteraars R65 000 ingesamel het vir haar splinternuwe mobiele scooter – ‘n simbool van hoop, vryheid, selfstandigheid en waardigheid. Nakita het nege jaar gelede op ons pad gekom, en het Lindie Strydom haar destyds, saam met SPAR, verras met ’n scooter (wat nou ‘kaput’ is) en ’n geskenkbewys.
#gaanGROOT #GROOTverskil #Omgee #care #givingback #jouGROOTstefm
Luister HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel
