You are currently viewing #JouMenseMyMense – Marlo – Volmaak in Liefde | GROOTfm 90.5 | 16 April 2025

#JouMenseMyMense – Marlo – Volmaak in Liefde | GROOTfm 90.5 | 16 April 2025

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense – Marlo | Volmaak in Liefde | 16 April 2025 | GROOTfm 90.5

Marlo is ‘n 9 jarige seuntjie wat op die ouderdom van 1 gediagnoseer is met Serebrale Gestremdheid. Marlo het nooit sy mylpale bereik nie, en kan tans nie sit, kruip of op sy eie loop nie. Verder, kan Marlo ook nie praat nie. Ten spyte van al sy uitdagings, het hy altyd ‘n glimlag op sy gesig. Dit het sy ouers lank gevat om te leer wanneer Marlo honger en dors is, ook wanneer hy pyn en seer het. Hulle hou sy gesigsuitdrukkings dop, en hy het al geleer hoe om vir hulle te wys waarna hy wil kyk op televisie, en met watter speelgoed hy wil speel. Marlo is mal oor jag. As hy kan bosveld toe gaan saam met sy Pa, of net deur die bosveld ry waar daar wilde diere is, dan is hy op sy gelukkigste en maak geluide om ons aandag te kry om vir ons te sê dat ons saam hom die diere moet kyk. Sy ouers, Jackie en en Marco, saam met sy sussie, is dat Marlo eendag sal kan speel, rondhardloop en ook gesels met haar. Haar hart raak met tye seer en vra sy hoekom haar boetie anders moet wees as sy. Ma Jackie probeer verduidelik dat Liewe Jesus Marlo vir hulle gegee het omdat Hy geweet het dat hulle alles in hul vermoë sal doen om hom te help en dat hulle nooit die Here mag bevraagteken nie. “Dit is hoe Liewe Jesust dit wou gehad het en Hy maak nie foute nie”, sê Ma Jackie. Marlo het intense terapie nodig wat spraak, fisio- en arbeidsterapie behels, en die uitgawes per maand is astronomies, soos sy ouers hulle alles gee om Marlo se lewe vir hom gemakliker te maak. Die gesin het by GROOTfm 90.5 kom kuier…❤️❤️❤️

#gaanGROOT #GROOTverskil #JouMenseMyMense #GemeenskapsFokus #LositBeter #Dankie

Luister HIER na die spesiale oomblik:

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

 

Deel hierdie artikel