#JouMenseMyMense – Roney Stephens | 21 Mei 2025 | GROOTfm 90.5
Cindy en Rodney Stephens het twee jaar gelede ‘n versoek aan ons gerig rakende hulle toe 2-jarige dogtertjie, Roney, se klompvoetjies. GROOTfm 90.5 het die voorreg gehad om haar, saam met verskeie rolspelers, te help met die befondsing vir ’n voetoperasie. Nou, twee jaar later, benodig die 5-jarige Roney nog een laaste operasie (nadat sy reeds drie operasies gehad het), vir haar om uiteindelik haar voetjies in ’n skoen te kan pas. Sy raak al baie opgewonde oor skooltoe-gaan, maar, weet haar voetjie pas nog nie in ’n skoolskoen nie. Ma Cindy, Pa Rodney en Roney het by GROOTfm 90.5 kom kuier…❤️❤️❤️
‘n MASSIEWE dankie aan skenkers: Round Table Collective, Caring Daisies, Die Vroue Ambassadeursklub, RoccoMamas en die Pollard-familie, en ’n anonieme skenker wat bygedrae het tot die kostes van Roney se operasie. Die volgende dag het nog ‘n anonieme weldoener die verskilbedrag van R22 000 geskenk, ‘n GROTER as GROOT DANKIE Roney se afspraak is gemaak.
#gaanGROOT #GROOTverskil #JouMenseMyMense #GemeenskapsFokus #LositBeter #Dankie
Luister HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel
