#JouMenseMyMense – Super Jace | 10 September 2025 | GROOTfm 90.5
Jace Hilse, of soos hy bekendstaan, “Super Jace”, is ‘n 5-jarige seun wat baie daarvan hou om superheld te speel! Jace is verlede jaar April gediagnoseer met B-sel Akute limfositiese leukemie (ALL).
Jace kon toe met behulp van Survivor’s Gholfdag stigters, Rayno Strauss en Gerhard van der Westhuizen in 2024 die goeie nuus hoor dat hulle ’n sessie immunoterapie, wat vir Jace se beste opsie is, kan befonds, met sy medies die ander.
Die GROOT-span het toe baie goeie nuus ontvang in Augustus dat die toetse nie meer kankerselle by Jace optel nie, en dat hy in remissie is. Sowat ’n maand gelede toe kom die nuus dat sy kanker teruggekeer het.
Weer het die gesin ’n hulpkreet gerig met hulp met die immunoterapie wat onbekostigbaar duur is, en die medies wat slegs ’n gedeelte hiervan betaal. Chante se hoofdoel is nog steeds om hierdie klein superheld alles te gee wat hy nodig het om die gesonde superheld te wees waarvan hy droom om te word. “Nie alle superhelde dra kappe nie, ons s’n het ‘n port”, sê sy.
Mamma Chante en Pappa JP het by GROOTfm 90.5 kom kuier…
(Jace se imuunstelsel is ongelukkig te kwesbaar.)❤️❤️❤️
#gaanGROOT #GROOTverskil #JouMenseMyMense #GemeenskapsFokus #LositBeter #Dankie
Luister HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel
