#JouMenseMyMense – Dylan | 05 November 2025 | GROOTfm 90.5
Die 6-jarige Dylan is twee maande prematuur gebore. Sy biologiese ma was ’n substansgebruiker, en die hospitaalpersoneel het nie verwag dat hy die nag sou oorleef nie – maar hy het. Ná ernstige verwaarlosing is hy teen sewe maande vir aanneming afgestaan en deur Benita, Laura O’Callaghan se skoonsuster, aangeneem. Dylan is later gediagnoseer met serebrale gestremdheid en kon nog nooit loop nie.
In die afgelope twee en ’n half jaar het hy egter ongelooflike vordering getoon – sy begrip, woordeskat en persoonlikheid het merkwaardig ontwikkel. Tog ly sy tone, knieë, heupe en rug as gevolg van konstante kruip. Na uitgebreide navorsing en verskeie mediese konsultasies het ’n ortopediese spesialis bevestig dat Dylan ’n operasie aan sy onderlyf benodig om pyn en beserings te verlig en sy terapie te verbeter – met selfs die moontlikheid dat hy eendag kan loop.
Danksy ’n hospitaalplan is sy hospitalisasie op 16 September gedek, maar bybetalings is gedek deur Laura en Benita wat onder meer persoonlike besittings verkoop en ’n BackaBuddy-fonds begin het.
Al is die uitgawes groot, oorskadu dit nie die dankbaarheid vir sy herstel en die hoop vir sy toekoms nie. Benita, Dylan en Laura het by GROOTfm 90.5 kom kuier.
#gaanGROOT #GROOTverskil #JouMenseMyMense #GemeenskapsFokus #LositBeter #Dankie
Luister HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel
