You are currently viewing #JouMenseMyMense – Willem de Beer | GROOTfm 90.5 | 04 Maart 2026

#JouMenseMyMense – Willem de Beer | GROOTfm 90.5 | 04 Maart 2026

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense – Willem de Beer | 04 Maart 2026  | GROOTfm 90.5

Alicia de Beer het aan ons ‘n hulpkreet gerig namens haar pa, Willem, wat dringend ‘n operasie benodig op grond van ‘n toestand genaamd “Akute anale fissuur”.

Sy beskryf haar pa as ‘n hardwerkende, nederige man wat sy gesin nog altyd eerste gestel het. Ongelukkig leef hy nou in konstante pyn as gevolg van hierdie ernstige mediese toestand wat dag en nag swaar bloeding veroorsaak. Sy dokter het bevestig dat hy dringend ‘n operasie benodig, maar hy kan nie behandeling ontvang totdat die volle bedrag betaal is nie.

As gevolg van hierdie toestand het Willem se lewensgehalte heeltemal verander. Hy het heeltyd pyn, die bloeding vererger wanneer hy beweeg, en hy is dikwels te verleë om die huis te verlaat. Dit het ‘n groot emosionele tol op hom geëis, en leef hy met beperkings rakende die optel van swaar voorwerpe – wat opsigself verhoed dat hy sy werk in konstruksie kan voortsit en ‘n inkomste verdien.

Willem sorg ook vir Alicia se ma, wat ‘n beroerte gehad het en nie meer kan werk nie en ook onlangs met Parkinson’s siekte gediagnoseer is. Willem en Hester bly tans by Alicia, wie se grootste wens is dat haar pa – voor sy 60ste verjaarsdag in Junie vanjaar – weer homself sal wees. Dat hy sy lewe sal terugkry en dat sy waardigheid herstel word.

Willem, Hester en Alicia het by GROOTfm 90.5 kom kuier…

#gaanGROOT #GROOTverskil #JouMenseMyMense #GemeenskapsFokus #LositBeter #Dankie

Luister HIER na die spesiale oomblik:

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

 

Deel hierdie artikel