#JouMenseMyMense – Quintin Snyman | 18 Maart 2026 | GROOTfm 90.5
Quintin Snyman was in September 2025 op pad na ’n nuwe hoofstuk en werk as ’n IT-tegnikus by ’n myn. Op pad soontoe, op sy eerste dag, was hy in ’n baie ernstige motorongeluk. Iemand het langs sy voertuig gestop, maar in plaas daarvan om te help, het die individu sy foon gesteel.
Die gevolg was dat niemand sy nuwe werkgewer kon laat weet wat gebeur het nie, en met sy geheueverlies, kan hy niks onthou nie. Hy het ongelukkig nie medies nie, en woon saam met sy ma wat ’n SASSA-inkomste verdien in ‘n huis wat hy by sy Oupa en Ouma geërf het in Daspoort. Oupa woon ook saam met hulle. Helena is jare terug van Quintin se pa geskei, wie intussen oorlede is.
Quintin is na die ongeluk na Kalafong Hospitaal geneem, en sedert die ongeluk word sy been nie gesond nie. Die pyn is so erg dat hy nie op hom kan trap nie. Solank hy nie kan loop nie, kan hy nie werk nie, Quintin is uitstekend met rekenaars en sou hy by die myn waar hy moes begin werk, kameras op pale installeer het.
Met Quintin wat nie tans ’n inkomste kan genereer nie, leen sy ma, Helena, geld om die maandelikse verband op die huis te betaal. Hulle is tans drie maande agterstallig en staan die kans om die huis te verloor. Sy voertuig is na die ongeluk afgeskryf, en het hy die eisbedrag gebruik om ’n bydrae op die huisverband te maak. Quintin het intussen in erge depressie verval omdat hy nie ’n bydrae kan lewer nie, en gaan dit nie goed met sy geestesgesondheid nie – so dat hy vir sy ma gesê hy wil nie meer lewe nie.
Helena en Quintin het by GROOTfm 90.5 kom kuier…
#gaanGROOT #GROOTverskil #JouMenseMyMense #GemeenskapsFokus #LositBeter #Dankie
Luister HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel
